Thursday, April 21, 2016

Die Wag

Vou jou hande om my lyf 
En trek my styf vas teen jou lyf
Fluister saggies in my oor
En vertel my alles wat ek wil hoor

Staan net hier en hou my vas
Tot al die storms in my kalm raak
En weet dat ek in jou pas
Oortuig dat niks anders hier saak maak

Môre kom die son weer op
En nuwe uitdagings bring dit mee
Maar ek lewe hier in my kop
En droom van als wat jy wil gee

Ek wens so saggies jy's weer hier
Om als wat pla weer weg te stuur
Maar eendag sal ek jou stem weer hoor
En vergeet van alles wat ek verloor

Tot dan babe, wag ek hier iewers
En droom van jou arms hier om my skouers