Tuesday, June 25, 2013

Die Lyne Van Waarheid

In die lyne van my lyf
Lê jou waarheid opgeskryf
Soos tatoeëermerke wat net ek kan sien
Dink jy nog aan my miskien

In my donker silhoeët
Is drome al wat ek het
Van nagte lank verlore
In herinneringe se rye spore

Ek wonder soms
Hoe jy jou hart onderdruk
Ek wonder soms
Hoe jy jou drome se trane sluk

In die lyne van my lyf
Lê jou waarheid opgeskryf
Soos tatoeëermerk wat net ek kan sien
Dink jy nog aan my miskien